Was u in 'n motorongeluk? - Potgieter Inc.
15713
post-template-default,single,single-post,postid-15713,single-format-standard,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-theme-ver-10.1.1,wpb-js-composer js-comp-ver-5.0.1,vc_responsive

Was u in ‘n motorongeluk?

Was u in ‘n motorongeluk?

Hoe om ‘n eis in te stel

 

Die Padongelukkefonds (P.O.F) is ingestel nadat die derdeparty versekering verval het.  Die doel daarvan is vir die uitbetaling van skadevergoeding en kompensasie vir beserings en verliese wat gelei is, as gevolg van die nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig.

Die P.O.F verkry die nodige finansiële ondersteuning deur ‘n toelaag wat op die brandstofprys gehef word.

Die prosedure vir die instelling en voorlegging van ‘n eis teen die P.O.F vir kompensasie en skadevergoeding is ‘n gespesialiseerde rigting.  Vir die korrekte hantering van ‘n eis, sal u bevoordeel word indien u ‘n gespesialiseerde span deskundiges raadpleeg soos byvoorbeeld,

  • ‘n Derdeparty spesialis prokureur
  • Motorbotsing rekonstruksie deskundiges
  • Verskeie mediese deskundiges

Die prokureur sal u bystaan in alle nodige fasette, wat insluit verkryging van spesialiste om te verseker dat u maksimum en voldoende kompensasie kry.  U prokureur sal onder andere met die polisie, mediese fondse, hospitale en alle getuies namens u konsulteer.

Die proses sal voltooi word met geen kapitale uitleg deur uself nie.

 

Wat kan u eis?

U eis hang af van die beserings wat u opgedoen het wat onder andere die volgende behels:

  1. Mediese- en hospital uitgawes;
  2. Die verwagte toekomstige mediese uitgawes vir die res van u lewe;
  3. Verlies aan verdienste, wat insluit finansiële verlies of geen bevordering;
  4. Die verwagte toekomstige verlies aan verdienste, wat ook kan insluit die verkryging van onderhoud weens die sterfte van ‘n eggenoot of broodwinner;
  5. Algemene skade vir pyn en lyding, verlies aan lewensgenietinge, skending en emosionele skok.

 

Wanneer kan u eis?

Die verjaringswet maak voorsiening daarvoor dat u ‘n eis moet instel binne 3 jaar vanaf die datum van die ongeluk.  Indien dit ‘n ongeïdentifiseerde voertuig was, moet ‘n eis binne 2 jaar ingestel word.  ‘n Beëdigde verklaring moet binne 14 dae na die ongeluk by die SAPS gemaak word.

Indien u ‘n minderjarige is, sal verjaring eers 3 jaar vanaf mondigwording van toepassing wees.

 

Watter funksie verrig u Prokureur?

U prokureur sal u:

  • Adviseer rondom die geldigheid van ‘n eis;
  • Die proses aan u verduidelik;
  • U bystaan met die verkryging van die nodige besonderhede om die eis suksesvol in te stel;
  • Reël van afsprake by alle mediese spesialiste vir die bewys van u kompensasie;
  • Analisering en ontleding van regsmediese verslae van dokters en werkgewers;
  • Onderhandelinge met die Padongelukkefonds (P.O.F);
  • Advisering van enige aanbieding van die Padongelukkefonds (P.O.F)

 

Wat sal dit u kos?

Indien u eis gehanteer word deur ‘n prokureur wat spesialiseer in beseringseise sal daar in alle waarskynlikheid ‘n gebeurlikheidsfooi gehef word.

Die gebeurlikeheidsfooi is egter beperk tot ‘n seker limiet.  Die prokureur sal nie ‘n deposito van u verlang indien hy bereidwillig is om op so ‘n basis te werk nie.  Die prokureur sal op ‘n basis van geen sukses geen fooi werk.  U sal derhalwe nie gelaat word met ‘n aansienlike prokueursrekening nie.

Daar is ‘n baie klein of geen risiko vir uself, indien u ‘n prokureur gebruik wat spesialiseer in persoonlike beseringseise.  Hy sal toesien tot die beskerming van u regte en belange.

 

Wie om te kontak?

U kan u eis self instel indien u wil, of u kan ‘n prokureur wat spesialiseer in persoonlike eise skakel.  Dit is raadsaam om ‘n prokureur te kontak aangesien daar verskeie aspekte is waarvan u kennis sal moet neem, onder andere:

  1. a) Verjaringstermyne;
  2. b) Wetgewing;
  3. c) Reëls van die hof wat gevolg moet word.

Deur van ‘n spesialis prokureur gebruik te maak sal u die beste span deskundiges en ervaring aan u kant hê.

Hierdie is nie ‘n omvattende inligtingsgids nie maar slegs ‘n raamwerk om u op hoogte te bring insake derdepartyeise. Dit is altyd raadsaam om ‘n prokureur in persoonlike beseringseise te konsulteer.

 

No Comments

Post A Comment